Inleiding
Daar
is ongeveer 100 biljoen neurone (senuselle) in die brein en elke neuron word
via ’n akson met tientalle ander neurone verbind. Die verbinding tussen ’n
akson eindpunt en ’n volgende neuron geskied via ’n sinaps.
Om ’n idee te vorm van
hoe kompleks dit is, kan ons dink aan die bekende woud, die Amasone: Daar is
ongeveer 100 biljoen bome in die Amasone (ongeveer dieselfde getal as die getal
neurone in die brein) en daar is net soveel konneksies tussen die neurone as
wat daar blare is in die Amasone 1.
3.2 Essensiële voedingstowwe vir die brein
In
die volgende dele sal daar meer gekyk word na die groepe voedingstowwe wat in
elk van die drie dele van ’n neuron benodig word, naamlik:
- Neuronselliggaam (Voeding -deel1)
- Akson met Miëlienskede (Voeding -deel 2)
- Sinaps (Voeding -deel 3)
Figuur 1: Verskillende groepe voedingstowwe wat
die verskillende dele van ’n neuron benodig.
Voeding van die neuron selliggame (sien Figuur 1)
‘Glukose is die enigste energiebron van jou brein’
Wanneer
glukose in jou bloed daal, raak jy baie
honger, baie moeg, konsentreer jy swak, raak gespanne, sweet en kry jy
hoofpyne. Eet jy dan nou te veel ongesonde koolhidrate (hoë glisemiese indeks)
in plaas van gesonde koolhidrate (lae glisemiese indeks), voel jy goed vir ’n
kort rukkie, omdat die bloedglukosevlak weer gestyg het.
Ongelukkig
duur hierdie goeie gevoel net vir ’n paar uur en word gevolg deur ’n daling van
bloedglukose. Die daling onder die normale vlak laat jou baie sleg voel, honger
en baie moeg. Die brein stuur dan ’n boodskap uit na die liggaam om nog meer
soet, ongesonde koolhidrate in te neem om “beter te voel”. Hierdie proses word
herhaal en ’n bose kringloop volg. Indien hierdie patroon oor jare gevolg word,
ontwikkel daar ’n glukose wanbalans in die liggaam wat uiteindelik uitloop op
die ontwikkeling van diabetes mellitus tipe 2 of suikersiekte. Sulke
skommelings in die bloedglukosevlakke is nie goed vir die brein nie.
Voltooi die onderstaande vraelys wat kan aandui dat jou
bloedsuikervlak konstant gehou word gedurende die dag en die brein dus
voldoende glukose verkry.
Interpretasie van
jou telling:
-
Telling
van 5 en meer: Dit is ’n goeie telling wat daarop dui dat jy
heelwaarskynlik ’n konstante bloedsuikervlak handhaaf en die brein voldoende
glukose verkry.
-
Telling
van 4 of minder dui moontlik daarop dat jou bloedsuikervlak nie konstant
is gedurende die dag nie.
Wat kan ek doen om my vastende bloedglukosevlak konstant te hou?
Kenners
beveel aan dat jy minstens ses keer per dag klein maaltye met ’n lae glisemiese
indeks* (GI) eet. Hoe hoër die GI, hoe vinniger is dié proses van
vrystelling van glukose in die bloed. Die GI word beïnvloed deur die tipe
koolhidrate, vet en proteïene wat jy eet, die hoeveelheid oplosbare vesel in
jou kos, asook die gaarmaakmetode1. ’n Aartappel wat in ’n
mikrogolfoond gaargemaak is, het bv. ’n hoër GI as een wat in ’n kastrol met
water gekook is. Vir meer inligting oor lae glisemiese indeks voedselsoorte, raadpleeg
pamflette wat jy kan verkry vanaf
sommige klinieke en gesondheidswinkels (of soek meer inligting op die internet)
2, 3.
The
South African Glycemic Index & Load Guide deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport (2005) verskaf
die GI van talle Suid-Afrikaanse produkte. Dit word uitgegee deur die Glycemic
Index Foundation of South Africa (GIFSA). Besoek die webblad
www.gifoundation.com. Hieronder
volg basiese inligting wat jy kan volg om te verseker dat jy genoegsame lae
glisemiese indeks koolhidrate inkry:
- Vermy enige verfynde koolhidrate (koek, witbrood, pasteie ens.) sowel as kosse wat baie suiker bevat.
- Kombineer proteïenvoedsel met koolhidraatvoedsel deur byvoorbeeld graankosse saam met neute en sade te eet. Sorg ook dat jy styselvoedsel (aartappel, brood, pasta en rys) saam met vis en vleis eet.
- Eet vier of meer porsies volgraanprodukte per dag soos bruinrys, hawermout, volgraan brood, volgraan ontbytkosse en volgraan pasta.
- Eet vyf of meer porsies groente per dag. Kies donkergroen groentes, blaar en wortel groentes soos wortels, patats, brokkoli, Brusselse spruite, spinasie, groenbone ens. Eet dit lig gaargemaak.
- Eet een of twee porsies vars vrugte soos appels, pere, bessievrugte en sitrusvrugte. Vermy vrugte met ’n hoë glisemiese indeks soos piesangs en druiwe. Gedroogte vrugte moet in klein hoeveelhede geëet word as gevolg van die hoë suiker inhoud daarvan. Alle vrugtesappe moet met water verdun word.
Die brein se neurone benodig sekere vitamiene en
minerale. Die beste vriende van die
brein is ’n groep vitamiene en minerale wat agter die skerms ’n belangrike rol
vervul.
B-vitamiene:
Die B-kompleks* vitamiene is van kardinale belang
vir geestesgesondheid. Hierdie agt B-vitamiene is wateroplosbaar en kan maklik
deur die liggaam verloor word. Daarom benodig ons ’n gereelde inname daarvan.
Selfs ’n tekort aan een van hierdie vitamiene sal ’n impak op die brein hê.
Vitamien B12 en
ouer mense
Vitamien B12 speel ’n
belangrike rol in die normale funksionering van die brein en senuweestelsel, en ook in die vorming van
rooibloedselle. Vitamien B12 benodig gastriese intrinsieke faktor
(draermolekule) om uit die terminale ileum gedeelte van die dermkanaal
geabsorbeer te word. By sommige ouer persone word daar nie genoegsame Vitamiene
B12 geabsorbeer nie as gevolg van die afwesigheid van genoegsame
intrinsieke faktor. As jy aan ’n Vitamien B12-tekort ly, sal jy dalk
die volgende simptome ondervind: moegheid, bloedarmoede, abnormale sensasies en
ander neurologiese probleme en geheueverlies. Hierdie simptome verdwyn vinnig
ná behandeling met gereelde B12-inspuitings. (Bespreek dit met jou
dokter as jy vermoed jy ly aan ’n Vitamien B12 tekort.)
Magnesium en kalsium – die natuur se kalmeermiddels: Dit is miskien vir jou vreemd dat magnesium en kalsium
jou rustig kan maak. Dit het ’n kalmerende effek op die senuweestelsel en help
ook met die verslapping van spierweefsel. Magnesium is dikwels die tweede
element, naas sink, waaraan ons ’n tekort in ons liggame het. Dit kom veral
voor in donker-groen groente, neute en sade. Jy kan ook ʼn goeie magnesium en
kalsium aanvulling neem saans wat jou veral sal help om goed te slaap. Vra jou
apteker om ʼn goeie aanvulling in die verband.
Bronne:
1. Holford
P. 2005. Optimum nutrition for the mind.
383pages. Piatkus. London.
2. Bourre,
J. M. 2006. Effects of nutrients (in food) on the structure and function of the nervous system: update on dietary requirements for brain, part 1:
micronutrients. J. Nutr. Health Aging, 10, 377-385.
3. World
Health Organisation.2004. Prevention of mental disorders: Effective interventions and policy options. Presented at World Health Organisation,
Geneva, Switzerland.
4. Gomez-Pinilla,
F. 2008. Brain foods: the effects of nutrients on brain function. Nature
9: 568-578.
No comments:
Post a Comment