Hoekom hierdie blog

“A wise man should consider that health is the greatest of human blessings, and learn how by his own thought to derive benefit from his illnesses.” 

― Hippocrates


Wat jy in hierdie blog te wagte kan wees?
Dit is die hoofdoel van hierdie blog om wetenskaplik gefundeerde inligting verkry uit die nuutste mediese navorsing op ‘n verstaanbare wyse aan die verbruiker van die blog beskikbaar te stel. Die blog samesteller glo dat elke mens oor die vermoeё beskik om so naby aan sy eie liggaam te wees, dat hy sy eie liggaam (lyf) sal verstaan, koester en sal versorg. ʼn Gesonde liggaam huisves ook ʼn gesonde brein en vanaf die brein word baie liggaamsfunksies beheer – vandaar die brein-liggaam konneksie as sentrale tema van hierdie blog.   

Verder is dit ook die doel van hierdie blog om die leser:
- Bewus te maak dat breingesondheid nie los staan van lyfgesondheid nie.
- Bewus te maak daarvan dat ons eie persepsies oor leefstylgewoontes soms uiters nadelig
  vir ons gesondheid kan wees.
- Sensitief te maak van die belangrikste risiko’s vir goeie gesondheid.
- Te help om deur vraelyste en eenvoudige metings, ʼn gesondheidsprofiel van sy brein en
  liggaam (lyf) saam te stel.
- Te leer om deur kritiese denke en positiewe besluitneming beheer oor eie gesondheid te
   neem.
- Te leer wat om te doen as jou gesondheid agteruit gaan.
- Help om lewensewewig in sy/haar liggaam te weeg te bring.

Vrywaring van outeurs
Hierdie webtuiste stel dit slegs ten doel om ’n hulpmiddel te wees vir doeleindes van inligting en opleiding en het nie ten doel om enige spesifieke mediese advies te verskaf nie. Die outeur van hierdie webtuiste stel dit ten alle tye as doel om akkurate, relevante asook die nuutste inligting oor onderwerpe te verskaf. Hierdie webtuiste moet egter nie gebruik word as plaasvervanger vir behoorlike mediese advies vanaf u mediese praktisyn nie. Inligting, ideë en opinies wat in hierdie webtuiste verskaf word nooit gesien word as professionele advies vir enige spesifieke situasie nie. Die gebruik van die inhoud van hierdie webtuiste is op u eie risiko.

Die outeurs gee geen waarborge dat die inhoud of tegnologie beskikbaar in hierdie webtuiste, vry is van enige foute of weglatings of aan enige spesifieke standaarde van kwaliteit voldoen nie. Die skakels in hierdie webtuiste wat verwys of lei na ander hulpmiddele word nie deur die outeurs gewaarborg nie en word op eie risiko gebruik.