Konstantheid in jou lyf is ʼn saak van lewe en dood. Hierdie konstantheid
of ewewig verwys na die handhawing van ʼn konstante liggaamstemperatuur;
suurstof en koolstofdioksied vlakke, voedingstofvlakke, soutvlakke (soute soos natrium,
magnesium, kalsium ens); pH (suurgraad) ens in die bloed, maar ook in elke sel
van ons liggaam. Alle lewende selle in ons liggaam benodig hierdie konstante
omgewing en om te kan lewe, moet dit konstant gehou word. Lewende selle het dus
ʼn konstante interne omgewing nodig, al wissel die eksterne omgewing buite die
menslike liggaam 1, 2. In die poginge wat jou lyf aanwend om hierdie
konstantheid in sy interne omgewing te handhaaf, vertoon dit uiterlike reaksies
(simptome) wat as’t ware beskou kan word as jou liggaam se metode om met jou
‘te praat’. As jy in noue kontak is met jou lyf, sal jy begin agterkom dat
hierdie simptome ʼn aanduiding is van wat in jou lyf gebeur. Deur betekenis
daaraan te gee, kan jy sin aan jou belewenisse gee.
Refleksie – aktiwiteit 1: Jou lyf se
reaksie op ʼn warm dag en ʼn koue dag
Dink terug aan hoe jy in jou lyf gevoel het op a) ʼn warm dag en b) koue
dag. Skryf die gevoel wat jy ervaar het sowel as ʼn verklaring daarvoor in die
oop spasies van die regterkantse kolom neer. Jy kan die riglyne volg wat as
vrae gestel word.
Tabel: Verstaan jou lyftaal
Verklaring vir jou waarnemings op ʼn warm dag:
Verklaring vir jou waarnemings op
ʼn koue dag:
Bronne:
1. Blessing
W. 1997. The Lower Brainstem and Bodily Homeostasis. New York:
Oxford University Press.
2. Cannon W. B.
1932. The Wisdom of the Body. New York: W. W. Norton.
3. Sherwood, L.S.
Essentials of Physiology. 4th Edition. 2006. Brooks/Cole Publishers. U.S.A. 650
pages.
No comments:
Post a Comment