Jou brein is joune

Die hoofdoel van hierdie blog is om wetenskaplik gefundeerde inligting verkry uit die nuutste mediese navorsing op ʼn verstaanbare wyse aan die verbruiker van die blog beskikbaar te stel. Van die inligting word ook vervat in die volgende boeke wat deur die blog-samesteller geskryf is/ of geskryf gaan word:


Jou Brein is Joune (132 p)
Die inligting en aanbevelings in hierdie boek, stel die leser in staat om breinfiks te bly, demensie uit te stel en ʼn demper te plaas op breinveroudering. Eenvoudige, praktiese raad help jou om langer na jouself om te sien en met ʼn helder verstand oud te word saam met hulle vir wie jy lief is. Die inligting in die boek (hoofstuk 2) boek sal jou instaat stel om jou eie breingesondheidsprofiel saam te stel. Die groep lesers wat geteiken word, is persone wat toenemend bewus word daarvan dat om kompeterend in die arbeidsmag te wees en die lewe ten volle te leef, een van jou grootste bates ʼn goed funksionerende brein is.


Uitgewer: Kameleon
ISBN no: 978- 1- 928327-78-3                         
Verkrygbaar van  Groep 7 se boekwinkel op die webtuiste: www.groep7.co.za.    
Prys: R160


Wat sê ander oor die boek:
Maklik leesbaar en baie relevant. Die mens leef al hoe langer en daarmee saam neem demensie toe. Die meeste organe kan oorgeplant word, behalwe jou brein. Ons fokus almal op voorkoming van hartsiektes en kanker, maar die belangrikste orgaan, jou brein, word weens onkunde afgeskeep. Dr. Nico Allers se navorsing en aanbevelings kan almal help om breinfiks te bly, demensie uit te stel en ’n demper te plaas op breinveroudering. Maklike, praktiese raad sal jou beslis help om langer na jouself te kan omsien en met’n helder verstand oud te word saam met die vir wie jy omgee.                      
          Dr. Pieter Coetzer, Hoof Mediese Adviseur: SANLAM

Die ideale boek wat gebruik kan word as ’n gids / handleiding / riglyn deur die persoon wat ernstig is daaroor om ’n goeie kwaliteit breingesondheid te geniet. Die boek gee praktiese raad om jou brein te gebruik, op te pas en te stimuleer.                       
          Elsie Kruger, Maatskaplike Werker

Hierdie boek sal byval vind by ouerwordende mense, veral om jouself te evalueer en te toets of jou brein nie ongemerk besig is om agteruit te gaan nie. Die boek is baie goed saamgestel en is ’n goeie hulpmiddel as jy iets vinnig wil naslaan. Die inhoud van die boek is verstaanbaar en prakties.

Ons lewe deesdae gemiddeld dertig jaar langer as ons voorouers van ʼn eeu gelede. Dit het egter ook ʼn nadeel: As ons nie betyds aanpassings maak aan ons lewensstyl nie, loop ons die gevaar om soveel jare langer deur te bring onder omstandighede waarvan ons sal sê “ons het daar geen vreugde in nie”. Elkeen se grootste vrees is seker dat ons op ons oudag ons verstand “sal verloor” deur dementia of Alzheimers. In JOU BREIN IS JOUNE gee Dr Nico Allers praktiese raad oor hoe om jou wonderlike brein te beskerm. Dit is beslis‘n boek wat ek vir elkeen wil aanbeveel.
          Dr Piet Muller, Toekomskundige

No comments:

Post a Comment