Oor Nico

Dr. Nico Allers (M.Sc; Ph.D).




















Nico is vir meer as 40 jaar betrokke in verskillende vertakkings van die biologiese en gesondheidswetenskappe. Dit sluit in drie jaar onderrig in Menslike Fisiologie aan die Stellenbosch Universiteit en 13 jaar aan MEDUNSA (Mediese Universiteit van Suid Afrika). Sy passie is om kennis oor die menslike liggaam op ’n verstaanbare wyse aan mense oor te dra en om hul bewus te maak van die onmeetlike waarde van ’n gesonde leefstyl. Hy glo ook dat die liggaam oor die inherente vemoeŃ‘ beskik  om binne sekere grense homself te genees en weer in balans te bring.