In deel 3 van breinvoeding
sal veral gekyk word na watter voedingstowwe belangrik is vir effektiewe impuls
oordrag tussen die miljoene senuselle in ons brein.
Figuur
1: Diagram om die bou van ‘n enkele senusel (neuron) aan te toon.
1.1.
Neuro-oordragstowwe dra impulse oor die sinaps tussen neurone
Daar is ’n klein opening — die sinaps — tussen die aksoneindpunt en die volgende neuron. Spesiale chemikalieë dra impulse oor die gaping. Die impuls beweeg dan verder met die senuweenetwerk langs. Elke presinaptiese neuron (neuron voor die sinaps) kan slegs een soort oordragstof vrystel. Hierdie oordragstof bind met reseptore op die postsinapties membraan (neuron na sinaps) wat dan veroorsaak dat die impuls oor die sinaps gedra word en verder in die senuweebaan gelei word (sien Figuur 2).Daar bestaan twee soorte sinapse as gevolg van die effek wat die oordragstowwe op die postsinapties membraan het, naamlik:

- Prikkelbare
sinapse: Die oordragstof sal die postsinapties
membraan meer prikkelbaar maak en dus veroorsaak dat daaropvolgende impulse
makliker en vinniger oor die sinaps sal beweeg.
- Inhiberende sinapse: Die oordragstof sal die postsinapties membraan minder prikkelbaar maak en dus veroorsaak dat daaropvolgende impulse nie oor die sinaps sal beweeg nie.
- Inhiberende sinapse: Die oordragstof sal die postsinapties membraan minder prikkelbaar maak en dus veroorsaak dat daaropvolgende impulse nie oor die sinaps sal beweeg nie.
Daar bestaan verskillende oordragstowwe wat in
die senuweestelsel gebruik word. Van die bekendste van hierdie oordragstowwe
is:
Asetielkolien;
histamien; dopamien; adrenalien & nor-adrenalien; glutamaat;
gamma-aminobottersuur (GABA) en serotonien.
Dieselfde oordragstof het gewoonlik dieselfde
effek op die postsinapties membraan, byvoorbeeld: glutamaat (die belangrikste
stimulerende oordragstof in die brein) sal altyd impulsgeleiding oor sinapse
verhoog, waar GABA (die belangrikste inhiberende oordragstof in die brein)
altyd impulsgeleiding oor die sinapse sal blokkeer 1.
Die geval van die “gevriesde” dwelmverslaafdes
Gedurende 1982 is Dr. J.W. Langston, ’n Kaliforniese neuroloog, by die stadshospitaal, gekonfronteer deur ’n raaiselagtige mediese probleem wat hy nog nooit voorheen teëgekom het nie. Verskeie jong dwelmverslaafdes is opgeneem in die hospitaal met stokstywe liggaamsposisies. Dit het gelyk of hulle “gevries” was in hul voetspore en kon geen liggaamsbewegings uitvoer nie. Hulle het in dieselfde posisie vir dae in hul hospitaalbeddens gelê sonder die moontlikheid om te praat, te eet of te beweeg. Dr. Langston het deur intensiewe navorsing op die verslaafdes uiteindelik vasgestel dat hulle die eerstes was wat ’n nuwe “ontwerpers” dwelmmiddel gebruik het wat op die swartmark verkoop is. Die dwelm vernietig die dopamienproduserende selle in ’n sekere deel van die brein, genoem die substantia nigra. Verlaagde dopamien-aktiwiteit het gelei tot die raaiselagtige simptome van hierdie dwelmslawe. ’n Beskadiging van hierdie selfde dopamienvervaardigingselle in die substantia nigra is ook verantwoordelik vir Parkinson se siekte, ’n bewegingsafwyking 2.
Verdowingsmiddels en neurotoksiene beïnvloed die senuweestelsel gewoonlik deur ’n verandering te veroorsaak in die sinaptiese meganisme, byvoorbeeld:

Die
verdowingsmiddel kokaïen veroorsaak
’n verhoging in die konsentrasie van die oordragstof, dopamien, in die brein. Te
veel dopamien in die brein oorstimuleer die brein. Dit lei tot ’n gevoel van
plesier. Waar kokaïen ’n opeenhoping van dopamien tot gevolg het, vind daar in
Parkinson se siekte die teenoorgestelde plaas en is daar ’n tekort aan dopamien
in die brein wat verantwoordelik is vir oormatige motoriese bewegings.
Voeding wat ’n rol speel in die oordrag van
impulse by die sinaps (sien Figuur 1)
Die oordragstowwe gebruik in die oordrag van impulse is afkomstig van
aminosure. Ons verkry ons aminosure deur proteïene te eet wat dan in ons
spysverteringskanaal afgebreek word na aminosure. Die aminosure word dan uit
die dermkanaal opgeneem in die bloedstroom en deur die liggaam gebruik vir die
vervaardiging van belangrike molekules soos ensieme, hormone en oordragstowwe. Dit
is belangrik om te onthou dat baie van die oordragstowwe ontwikkel uit
voorloper molekules 3.
Twee voorbeelde:
·
Die aminosuur, fenielalanien, word in
ons brein omgeskakel na tirosien (’n
aminosuur wat ons in voedsel aantref). Hierna word die tirosien omgeskakel na dopa en dan na dopamien. Dopamien word weer omgeskakel na adrenalien en nor-adrenalien.
·
Die aminosuur, triptofaan, word omgeskakel na 5-hidroksietriptofaan (5-HTP) wat dan omgeskakel word na serotonien.
Sekere van die oordragstowwe kan nie oor die bloed-brein skans beweeg nie. In
die voorafgaande voorbeeld kan triptofaan en 5-HTP wel oor die bloed-brein skans
beweeg, maar nie serotonien nie. Om die serotonienvlak in die brein te verhoog, sal ’n
aanvulling van serotonien nie help nie, maar wel ’n aanvulling van 5-HTP of
triptofaan. Serotonien is ook bekend as die ‘goed-voel’ molekule en navorsing het
aangetoon dat dit depressie verlig; jou geheue verbeter, jou beter laat slaap, angsvlakke
verlaag en stres verlig

Proteïene wat vir ons hierdie belangrike aminosuur (triptofaan)
verskaf, kom in voedsel voor soos bruinrys, lensies, vis, hoender, eiers, sade
en neute, natuurlike joghurt en groente soos ertjies, bone, brokkoli en
spinasie4.
Volg ’n bekostigbare, heilsame breinkosdieet
Voedsel kan binne
’n klein begroting steeds voedingsryke proteïene, vrugte en groente insluit.
Ons hoef nie noodwendig oesters, neute, salm, forel, haring en makriel in ons
breindieet in te sluit nie – daar is ander ewe gesonde alternatiewe. Vervolgens
algemene wenke om binne ’n beperkte
begroting gesonde breinkos te kan eet:
- Koop vrugte en groente in seisoen. Dis altyd
goedkoper.
- Vervang vleis. Kry méér van jou proteïene uit
bone, eiers, sojaprodukte en peulgewasse soos lensies.
- Koop eienaamprodukte. Dis meestal goedkoper –
maar vergelyk steeds pryse per gewig of inhoud.
- Herverpak en vries jou voedsel-inkopies.
Herverpak byvoorbeeld net genoeg hoenderstukke of vis vir ’n maaltyd vir jou
gesin. Dit keer dat jy te veel kos maak – tensy jy natuurlik vir twee maaltye
kook en die gaar kos vries.
-
Beplan. Werk ’n
maaltydplan vir die week uit en stel jou inkopielys daarvolgens saam. Dit
skakel impulsiewe kopies uit, asook die koop van ongesonde kitskos
Bronne:
1.
Holford, P. 2005. Optimum nutrition for the
mind. 383 pages. Piatkus. London.
2.
Langston, J.W., 2014. The Case of the Frozen
Addicts. IOS Press. 255 p.
3. Bourre,
J.M. 2006. Effects of nutrients (in food) on the structure and function of the nervous system: update on dietary requirements for the brain, part 1:
micronutrients. J. Nutr. Health Aging, 10, 377-385.
4. Gomez-Pinilla,
F. 2008. Brain foods: the effects of nutrients on brain function. Nature
9: 568-578.
No comments:
Post a Comment