Die beskerming van ons brein kan in twee afdelings
verdeel word, naamlik:
ü Beskerming van die brein deur strukture waarmee jy gebore
is. Dit is deur God daargestel toe Hy jou “kunstig in die moederskoot aanmekaar
geweef het”. Ons beskou dit as die eerste
lyn van beskerming en jy het nie beheer daaroor nie.
ü Daar is egter ’n tweede
lyn van beskerming waaroor jy wel beheer het.
Eerste lyn van beskerming:
Hier
dink ons aan die fisiese beskerming van die brein deur die harde skedel. Die
dik, harde been van die skedel beskerm die 100 biljoen neurone (senuselle) van
die sagte brein. Verder is daar ook die beskerming en voeding van die brein
deur die drie membrane, naamlik: dura mater, aragnoïede en pia mater, wat geleë
is tussen die benige skedel en die breinweefsel 2 (sien Figuur 1).
v Die brein moet voorsien word van ’n konstante
konsentrasie van suurstof en voedingstowwe (glukose). Hierdie noodsaaklike
stowwe diffundeer met groot gemak uit die selektiefdeurlaatbare
bloedvaatjies (laat slegs sekere stowwe deur), deur die twee binneste vliese in
die breinweefsel.
v Die
aragnoïede membraan is ryklik voorsien van ’n netwerk van fyn kapillêre
bloedvaatjies (wat dit die voorkoms van ’n spinnerakvlies gee) waardeur
voedingstowwe en suurstof aan die brein voorsien word.
Figuur 1.
Die beskerming van die brein deur die skedel en breinvliese
(Bron: Human Physiology. L. Sherwood -
Cengage learning)
Het jy geweet ?
Die brein gebruik 20% van die suurstof en 50% van die glukose (bloedsuiker) wat die totale liggaam verbruik.
o Alhoewel die brein net 2% van die liggaamsmassa verteenwoordig, kry dit 15% van die totale liggaam se bloedvoorsiening.
Hierdie selektiefdeurlaatbaarheid is
hoofsaaklik ’n funksie van die bloedvate op die spinnerakvlies, omdat die selle
(endoteelselle*) waaruit die bloedvaatjies opgebou is, baie styf teen mekaar
pas. Daar bestaan dus geen openinge (porieë) tussen die selle, soos in die
geval by ander bloedvate in die liggaam, waardeur groter molekules kan beweeg
nie.
Die
enigste moontlike pad is om regdeur die bloedvatselle te beweeg. Die buitenste
vetlagie van die selmembrane van hierdie bloedvatselle sal egter net
vetoplosbare stowwe (’n vet los op in ’n vet) deurlaat. Sekere vetoplosbare
stowwe soos suurstof, koolstofdioksied en steroïed hormone kan dus oplos in die
membraan en deurbeweeg. Ander goeie stowwe, soos ione, glukose en aminosure
word deur spesiale draermolekules deur die membraan gedra.
Die
meeste skadelike stowwe is egter wateroplosbaar en kan nie oplos in die
membraan nie. Daar bestaan ook geen draermolekules hiervoor nie – vandaar die selektiewe deurlaatbaarheidskarakter van hierdie bloed-brein skans*.
Ongelukkig kan die bloed-brein-versperring slegs voorkom dat groter,
gevaarlike, ongewenste molekules, soos toksiene (gifstowwe) en
verdowingsmiddels die brein kan beskadig, maar dit is nie ’n effektiewe
versperring teen kleiner, skadelike molekules soos die metaboliete van alkohol
nie.
Tweede lyn van beskerming:
Die tweede lyn van beskerming word verskaf deur die handhawing van
gesonde leefstyl gewoontes. Vir hierdie deel van breinbeskerming is jy
grootliks self voor verantwoordelik.(Figuur2.2)
Navorsing3
- 5 het getoon dat jou breingesondheid veral op sewe leefstylpilare rus,
naamlik:
§ Gesonde dieet
§ Aktiewe sosiale
interaksie
§ Brein-oefening
§ Genoeg slaap
§ ’n Stresvrye lewe
§ Gereelde fisiese oefening en
§ ’n toksienvrye omgewing
Figuur 2 Die geïntegreerde breinbeskermingsmodel
Bronne:
1.
Sherwood,
L.S. Essentials of Physiology. 4 th
Edition. 2006. Brooks/Cole Publishers. U.S.A. 650 pages.
2.
Liu
R, Sui X, Laditka JN, Church TS, Colabianchi N, et al. (2012).Cardiorespiratory
fitness as a predictor of dementia mortality in men and women. Med Sci Sports
Exerc 44: 253–259.
3.
Buchman
AS, Boyle PA, Yu L, Shah RC, Wilson RS, et al. 2012. Total daily physical
activity and the risk of AD and cognitive decline in older adults. Neurology
78: 1323–1329.
4.
Williams
JW, Plassman BL, Burke J, Benjamin S. 2010. Preventing Alzheimer’s disease and
cognitive decline. Evid Rep Technol Assess (Full Rep) 1–727.